Leerders van Sir Lowry’s Pass Primêre Skool het verlede Dinsdag (1 September) ‘n praktiese les in veiligheid gekry toe die Somerset-Wes-polisie en die Stad Kaapstad se Metro-polisie die skool besoek het.
Die owerhede het hul sekuriteitskennis gekombineer om die leerders oor veiligheid op te voed.

Die besoek was deel van die polisie en die Metro-polisie se mandaat om sekuriteit in die gebied te verseker en ook deel van die voortdurende poging om veiligheid na die skoolgemeenskap van Sir Lowry’s Pass te bring.




