Van Niekerk-Benadehof-aftreeoord het die afgelope Dinsdag (1 September) 80 jaar van omgee met speletjies, vermaak en gemeenskapsgees gevier.
Van Niekerk bestaan nou 45 jaar, terwyl sy susterstehuis, Benadehof, 35 jaar geword het.
“Van Niekerk-Benadehof se 45ste en 35ste bestaansjare vier nie net die geskieยญdenis van twee geboue nie, maar ook dekades van versorging, gemeenskap, diens en saamwees,” sรช Natasha Raubenheimer, die aktiwiteitskoรถrdineerder van die tehuis.
Die tehuis is ‘n dienstak van die Afriยญkaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV), wat vanjaar sy 122ste bestaansjaar vier. Die geskiedenis van die tehuis begin toe die Van Niekerk-familie van tannie Tassie van Niekerk dit destyds moontlik gemaak het deur gedeeltelike skenkings meer as vier dekades gelede, terwyl die Benade-familie tien jaar later ‘n belangrike rol in die totstandkoming van Benadehof vervul het. “Die Van Niekerk- en
Benade-families se bydraes leef vandag voort deur die name wat in die geboue verewig is,” sรช Raubenheimer.
Vandag is die tehuis ‘n tuiste vir 145 bejaardes tussen 70 en 103 jaar oud. Die oudste inwoner, Johanna “Joey” Faure, woon al van 2023 af in die bystandafdeling van Van Niekerk-Benadehof en het haar 103de verjaardag op 8 Augustus gevier.

Om vir inwoners soos Faure om te gee, het die tehuis 49 personeellede wat daagliks na hul versorging en welstand omsien.
Die feesviering het verskeie hoogtepunte gehad. Bejaarde inwoners het die dag ยญgeniet met vissievang, pop a balloon, whack-a-mole en boontjiesakgooi.
Hannetjie Windt se besondere diens is ook vereer nadat sy ‘n ACVV-veertjie ter erkenning van haar 20 jaar diens by die tehuis ontvang het.
Nog ‘n hoogtepunt was die amptelike opening van die nuwe Koekeloer-koffieยญwinkel. “Die bestuurder, Alida Kruger, het die visie gehad om ‘n warm en gesellige ruimte te skep waar inwoners, familie en vriende rustig saam kan koffie drink en kuier,” verduidelik Raubenheimer.

Western Province Caterers (WPC) het die koffiewinkel ondersteun en R50 000 tot die projek bygedra om dit moontlik te maak.
Om die dag af te sluit, het Kruger ‘n spesiale woord van dank aan Blue Crane Funerals, Kind2Hearing, Town on Tap, die predikante van die Suiderstrand-gemeente en WPC, wat tot die verjaarsdagvieringe bygedra het, gerig.




You must be logged in to post a comment.