Die Springbok-rugbyster Veroeshka Grain het verlede Donderdag (1 Oktober) plaaslike netbalspelers in Strand kom inspireer.
Die meisies van Game Changers, Tarrie United, Gustrouw Stars, Young Stars en Strand United, het die Olimpiër by die Phambili-gemeenskapsentrum in Broadlandspark ontmoet.
Die jong vrouespelers het motiverende woorde ontvang van iemand wat die hoogste vlak in dié vrouesport bereik het.





