Die skrywer Martia Heunis het Woensdag 24 Junie haar nuutste boek, My moskombersie-mense, by die Somerset-Wes-biblioteek met ‘n praatjie aan ‘n gehoor, wat ook haar vorige drie boeke kon besigtig, bekendgestel.
Die bundel persoonlike sketse is haar vierde publikasie en bied warm, eerlike en dikwels skreeusnaakse portrette van die mense wat haar lewe gevorm het – ouers, familie, vriende, oudkollegas en mede-inwoners van Silver Oaks Lodge, waar sy woon. Die titel is geïnspireer deur ‘n reël uit ‘n Laurika Rauch-liedjie: “Die mense wat ek liefhet, kom groei op my soos mos.” Heunis, ‘n oudjoernalis en -onderwyseres en ‘n bekroonde amateur-toneelspeler, het die bundel in twee maande voltooi – grootliks in die stilte van die nag.
LEES OOK: “Somerset-Wes-skrywer se nuwe boek vier mense wat saak maak,” DistriksPos & Helderberg Gazette, 3 Junie.
My moskombersie-mense verskyn as ‘n broosheid aan Die mense wat ek liefhet, en bevestig haar reputasie as ‘n skrywer met ‘n fyn oog vir menslikheid en humor

Foto: Jamey Gordon





