Ek wil graag die bestuur en personeel van die Helderberg-hospitaal bedank vir die uitstekende diens en sorg met my onlangse besoek.
Daar word so gou gekritiseer, maar weinig word goeie diens geprys.
Vanaf my aankoms by hospitaal was almal professioneel – van die sekuriteit tot diegene by die ontvangs. Ek, as senior burger, is met respek en deernis behandel.
Hiermee betuig ek my opregte dank aan julle almal. Dankie vir jul onbaatsugtige toewyding en harde werk.
Julle almal is ‘n ware aanwins vir die hospitaal. I salute you all.
Meloney Youd,
Macassar





