Bedanking aan Huis Altena.
Liëtta Swanepoel betuig in Vrouemaand haar diep dank aan die vroue van Huis Altena in Strand wat die gryskoppies met omgee, deernis en profesionaliteit versorg. Foto: iStock

Vrouemaand: Huis Altena-vroue geprys vir sorg en omgee

Bedanking aan Huis Altena.
Liëtta Swanepoel betuig in Vrouemaand haar diep dank aan die vroue van Huis Altena in Strand wat die gryskoppies met omgee, deernis en profesionaliteit versorg. Foto: iStock

In hierdie Vrouemaand wil ek graag die spesiale vroue by Huis Altena in Strand, bedank vir hulle omgee en sorg.

My waardering lê diep vir elke dierbare vrou wat na die gryskoppies in Huis Altena omsien. My dankie voel nietig en skraal, maar dit kom uit my hart.

Ek sê groot dankie aan Suster ­Heyman en haar spanne by die versorgings­eenheid. Dit sluit in die vroue in die kombuis, wat altyd sorg vir kos, tee en koffie en ‘n koekie; die skoonmakers, wat die eenheid so mooi skoon hou; en Melda, wat nooit kla oor al die wasgoed nie.

My dank gaan ook uit aan me. Snygans en Danelle in die kantoor. Hul hulp en bystand word baie diep waardeer.

En laaste, maar gewis nie die minste nie, wil ek ook dankie sê aan die twee vroue by sekuriteit, wat altyd getrou aan diens is – met ‘n glimlag, al is die ure lank en al is dit soms baie koud.

Suster Heyman en haar engele hanteer moeilike omstandighede met soveel grasie en soveel omgee. I am in awe of your dedication and care.

Ek bewonder dié vroue wat altyd professioneel is en hul moeilike werk met ‘n omgeehart en soveel deernis hanteer. Jul konstante positiewe houding in soms uiters moeilike omstandighede gaan nie ongesiens verby nie.

Dankie vir al die harde werk en omgee. Ek is ewig dankbaar.

Liëtta Swanepoel,

E-pos

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article