Afval-hope in Macassar kweek kommer.
Die kanaal soos dit voor die einde van Julie gelyk het, voordat die Stad Kaapstad met die skoonmaakwerk begin het. Foto: Jamey Gordon

Macassar-afvalhope veroorsaak gesondheidsgevaar en rotkrisis

Afval-hope in Macassar kweek kommer.
Die kanaal soos dit voor die einde van Julie gelyk het, voordat die Stad Kaapstad met die skoonmaakwerk begin het. Foto: Jamey Gordon

‘n Ernstige gesondheids- en veiligยญheidsยญkrisis het in Macassar-gemeenยญskappe ontstaan weens afvalhope wat uit kanale en riviere verwyder is en op die walle agtergelaat is.

Hierdie situasie het na bewering ‘n skynbare rotprobleem in Macassar Village veroorsaak en hou ernstige gesondheidsrisiko’s vir kinders en gesinne in. Inwoners het hulle tot die koerant gewend om hul misnoeรซ uit te spreek oor die gebrek aan optrede deur owerhede om die probleem op te los.

‘n Inwoner (72), wat ‘n sopkombuis in die Macassar Village-gemeenskap bestuur, het gesรช hulle het ‘n “ernstige probleem”. “Hulle het meer as ‘n maand gelede die kanaal skoongemaak, maar die gemors net op die walle gelos, waar mense beweeg en kinders speel. Ons kan nie so aangaan nie. Daar is rotte wat tot in ons huise en beddens kom. Ons is diep bekommerd oor die inwoners, maar veral oor ons kinders,” het sy gesรช.

Afvalhope in Macassar kweek kommer.
Inwoners het self moue opgerol en die afval en gemors wat uit die kanaal verwyder en op die walle gelaat is, in sakke gepak vir latere verwydering.

Sy het ook vertel van kinders wat deur rotte gebyt is en selfs ‘n vrou wat in die gesig gebyt is. “Ons het dalk nie weelde nie, maar skoonheid en netheid beteken alles,” het sy bygevoeg.

Afvalhope in Macassar kweek kommer.
‘n Kind se hand wat deur ‘n rot gebyt is.

DistriksPos & Helderberg Gazette het voorheen die Stad Kaapstad oor die rotteprobleem genader. Dit was nรก die dood van ‘n 61-jarige vrou in haar tuiste in die Macassar Village-informele ยญnedersetting. Haar liggaam is vermoedelik met rotbytte aangetref, wat groot skok en kommer in die gemeenskap veroorsaak het.

Inwoners het in die lig van die tragedie hul frustrasie uitgespreek oor probleme weens onwettige storting en swak afvalbestuur, wat gesondheidsrisiko’s en spanning in die gebied verhoog. Die Stad het toe bevestig dat gebied as ‘n hotspot vir rotbesmetting geรฏdentifiseer is en deel vorm van hul moniteringsprogram.

‘n Ma van Macassar Village vertel hoe haar seuntjie (4) in die hospitaal opgeneem is nadat hy glo kroniese medikasie van ‘n afvalhoop ingeneem het.

Volgens haar het sy op Woensdag 8 Julie agtergekom haar kind kon nie staan nie. Sy het ander kinders wat saam met hom gespeel het genader en hulle het haar ‘n sakkie met medikasie gewys wat hy vermoedelik op die afvalhoop gevind en ingeneem het.

kind sluk medisyne op afvalhoop

“Daar was geen duidelike besonderhede op die verpakking nie, maar ek het ‘n suster genader wat gesรช het dit kan moontlik medikasie vir ยญsuikersiekte wees,” het sy verduidelik. “Ek het onmiddellik ‘n ambulans gebel, maar toe hulle lank neem, het ek uit vrees besluit om hom self na die daghospitaal te neem. Daar is ons per ambulans na die hospiยญtaal in Somerset-Wes vervoer, waar hy op ‘n drup geplaas en behandel is.”

Die probleem steek ook kop uit by die kanaal tussen die E-โ€‰enโ€‰F-woonstelblokke.

Afvalhope in Macassar kweek kommer.
Die hoop gemors wat uit die kanaal tussen die woonstelblokke verwyder en op die wal agtergelaat is.

Felicia Solomons van die National Coloured Congress (NCC) het gesรช inwoners was aanvanklik bemoedig toe die Stad in Junie die kanale skoongemaak het. “Die optimisme het vinnig in frustrasie verander toe dit duidelik geword het dat die afval en rommel eenvoudig in groot hope agtergelaat is,” het sy gesรช.

Volgens die gemeenskapsaktivis Waseemah Flaendorp is dit skokkend hoe die hope nie net ‘n oogseer is en sleg ruik nie, maar ook dierkarkasse, naalde, glas en geroeste plate bevat. “Kinders speel daarop en loop die risiko om siek te word of ernstig seer te kry.”

Volgens Zahid Badroodien, die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitaยญsie, is die afvalhope tydelik op die terrein gelaat om uit te droog voordat dit na ‘n stortingsterrein vervoer kan word. “Die proses is noodsaaklik aangesien nat slik nie vervoer kan word nie. Ons verseker die gemeenskap dat daar geen begrotingsbeperkings of onnodige vertragings is nie,” het hy verduidelik.

Hy het verder gesรช veiligheidsnette sal rondom die gebied aangebring word om toegang te beperk en die publiek te beskerm terwyl die materiaal uitdroog. “Ons werk ook nou saam met wykraadslede om kommunikasie met die gemeenskap te verbeter en om seker te maak dat inwoners ingelig bly oor die vordering van die skoonmaakproses,” het Badroodien bygevoeg.

Die Stad se Gesondheidsdepartement het bevestig dat hulle aktief werk om die probleem die hoof te bied.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article