Dit was โn bittersoet jol in die Somerset-Wes-stadsaal toe die bejaardes van Wyk 85 hul jaar afgesluit en vir raadslid Chantal Cerfontein totsiens gesรช het.
Die bejaardes van Nomzamo en dele van Strand wat die wyk opmaak, is behoorlik bederf op die jaarlikse seniordag wat Dinsdag 27 Oktober plaasgevind het.
Onder vanjaar se tema, โHelder lentedag (Nuwe beginne)โ, het meer as honderd bejaardes die jaar vroegtydig afgesluit en nuwe avonture verwelkom.

Hulle het โn hartlike middagete geniet, en elkeen het sagte komberse gekry.

Die bejaardes het ook hul bloeddruk en bloedsuiker laat toets deur die gemeenskapsgesondheidswerkers van Masincedane-gemeenskapsdiens wie se doelwit is om gesondheid en welstand in die gebied te bevorder.

Daar is egter nie net stilgesit en tee gedrink nie, want die platejoggie Mervin โDJ Mervinโ Swart het die atmosfeer lewe gegee met musiek en dans.
Selfs die DistriksPos & Helderberg Gazette-joernalis Barend Williams is deur Ilhaam Davids na die dansvloer gesleep om te langarm op die golden oldies wat DJ Mervin gesing het.
LEES OOK: Sportdag bewys: Oues van dae nog heel rats en fiks, maar ver van koud
Die dag het ook die diversiteit van die wyk beklemtoon, aangesien inwoners van verskillende kulture en godsdienste mekaar se geselskap geniet het.
Daar was egter โn bietjie hartseer wat die gebeurtenis onderlรช het.
โDit was bittersoet toe ek van hulle afskeid geneem het, aangesien ek bedank as hul wyksraadslid,โ sรช Cerfontein.
Sy het besluit om nie as wykraadskandidaat vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing te staan nie, nadat sy van 2021 tot vanjaar gedien het.
Maar Cerfontein sรช sy is bly om op so โn hoogtepunt afskeid te neem. โVandag was een van daardie dae waarop dit weer eens bewys is dat, wanneer ons gemeenskappe bymekaarkom, ons verenig is.โ

LEES OOK: Celebrating grandparents at Sencit





You must be logged in to post a comment.