Die Suid-Afrikaanse Harley Davidson-klub (HDCSA) se Helderberg-afdeling het op Sondag 5 Julie ‘n groot skenking van hondekos aan die dierewelsynvereniging (AWS) in Helderberg oorhandig.
Die skenking, wat deur Okkie van der Merwe, die eienaar van Gordonsbaai Sekuriteit en voorsitter van die HDCSA Helderberg, moontlik gemaak is, het altesaam 29 sakke 20-kg-hondekos ingesluit.
Hierdie bydrae is deel van die klub se inisiatief om drie keer per jaar in niewinsgewende organisasies in die gemeenskap terug te ploeg.




