Die Strand-gemeenskapspolisiรซringsforum (GPF) het verlede week lede van die uitvoerende komitee gekies om vakante poste te vul nรก meer as ‘n jaar sonder permanente leierskap.
Lillian Albertyn, wat die afgelope jaar as waarnemende voorsitter gedien het, is verlede Dinsdag (8โSeptember) by ยญRusthof Primรชre Skool tydens ‘n spesiale vergadering as voorsitter verkies.
Vir die ander rolle is Lisa Visser as sekretaresse en Nico Beukes as projekkoรถrdineerder gekies.
Met Albertyn se verkiesing as voorsitter het haar vorige rol as ondervoorsitter vakant geword en is ps. Danny ยญKleinsmidt vir die rol gekies.
Die verkiesing is deur 13 van die 22 geregistreerde organisasies bygewoon.
Brig. Mnoneleli Magobiyane, die kommissaris van die Khayelitsha-polisiรซringsubdistrik, en Marlon Solomons, die GPF-voorsitter van die subdistrik, het die verkiesingsproses waargeneem om te verseker dat dit demokraties en regverdig verloop.
Patrick “Lucky” Njozelaka, subdistrik-ยญareabestuurder vir die provinsiale departement van polisietoesig en gemeenskapsveiligheid, het die verkiesing geadministreer.

Die spesiale vergadering het gevolg nadat die vorige voorsitter verwyder is na aanleiding van ‘n interne ondersoek deur die Stad Kaapstad se GPF-ยญdistrik.
Die poste vir sekretaris en projekkoรถrdineerder het vakant geword nadat die vorige ampsbekleรซrs uitgetree het (“CPF closer to full strength“, DistriksPos & Helderberg Gazette, 19 Augustus).
Tydens die vergadering het ‘n voorval egter ontstaan toe ‘n poging aangewend is om ‘n brief van die verwyderde voorsitter aan die verkiesingswaarnemers te oorhandig, maar hulle het geweier om dit te aanvaar.
Solomons het verduidelik die voormalige voorsitter het nie die sperdatum vir appรจl gehaal nie en is as gevolg daarvan nie meer die voorsitter nie, en daarom kon hulle nie die brief aanvaar nie.
Hy het ook opgeklaar dat die verwydering uit die Strand-GPF niks met ‘n strafsaak teen die man te doen het nie (โBeskuldigde uit GPF geskors,โ 13 Augustus 2025).

Die nuwe lede bring verskeie ervarings na die uitvoerende komitee. Beukes, wat in Desember verlede jaar uit die polisiediens getree het, sรช hy het gehoor gegee aan ‘n oproep van die gemeenskap om op die GPF te dien (“Geliefde polisieman groet nรก 33 jaar“, 7 Januarie).
Visser het in die gekoรถpteerde rol van buurtwagkoรถrdineerder gedien.
Solomons, wat met die verloop van die verkiesing tevrede was, het aangekondig die subdistrik is weer byna op volle sterkte, met die Khayelitsha-polisiekantoor die enigste sonder ‘n GPF-bestuur. Al vier kantore in die Helderberg het nou gevulde bestuurstrukture.
Magobiyane het ook sy tevredenheid oor die demokratiese verloop van die verkiesing uitgespreek.






You must be logged in to post a comment.