Huisbrand in Strand.
‘n Boonste vertrek in die dubbelverdiepinghuis wat deur die brand verwoes is. Foto: Jamey Gordon

Dubbelverdiepinghuis beskadig, Strand-gesin ontsnap vlammehel

Huisbrand in Strand.
‘n Boonste vertrek in die dubbelverdiepinghuis wat deur die brand verwoes is. Foto: Jamey Gordon

‘n Huisgesin met ‘n bejaarde en drie jong kinders het ‘n vlammedood ontvlug toe ‘n brand by hul Strand-tuiste uitgebreek en dit gedeeltelik verwoes het.

Cassandra Bailey, ‘n inwoner van die huis, onthou dat die brand kort voor middernag Woensdag 28 Oktober by hul dubbelverdiepinghuis in Elfdestraat uitgebreek het.

Bailey sê dat hulle reeds geslaap het en skielik wakker geword het weens die luide geroep van bure, wat paniekbevange geskree het dat daar ‘n brand was.

“Teen die tyd dat ons wakker geskrik het, was die vlamme reeds hoog en die kamer heeltemal met rook gevul,” het sy vertel.

Huisbrand in Strand.
Volgens Cassandra Bailey (‘n inwoner) het bure wat hulle te hulp gesnel het, die venster van hul slaapkamer op die boonste verdieping oopgebreek en deur die tussenmuur gekap om by die bejaarde vrou uit te kom. Foto: Jamey Gordon

LEES OOK: Vlamme eis alles: Eksteen-gesin in Strand dakloos na brand

Bejaarde gered

Cassandra sê dat hulle onmiddellik na haar ma, Wilhelmina Bailey (76), geskree het en probeer vasstel het waar sy is. Sy, haar man en hul kinders, tien, vier en drie jaar oud, het daarin geslaag om die vlammehel te ontsnap. Vinnige optrede deur waaksame bure en die brandweer het lewensverlies voorkom. Omdat die gesin nie self by die Wilhelmina kon uitkom nie, het hulpvaardige bure ‘n venster oopgebreek en die tussenmuur oopgekap om haar uit die brandende gebou te red.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder vir die Stad Kaapstad se brandweer- en reddingsdienste, het brandbestryders om 00:40 op die huisbrand gereageer.

Oorsaak onbekend

“Brandweerspanne van Strand, Sir Lowry’s Pass en Bellville het op die toneel aangekom en die dubbelverdiepinghuis aan die brand gevind. Twee mense het daarin geslaag om van die boonste verdieping na die dak van die grondverdieping te kom. ‘n 76-jarige vrou is veilig deur brandweermanne en Metro-reddingsdienste gered deur middel van ‘n dakleer en ‘n ‘scoop’-draagbaar. Sy is na die Helderberg-hospitaal vervoer vir behandeling van rookinaseming en tweedegraadse brandwonde aan haar hande,” sê Carelse.

“Die brand is teen 02:00 geblus en het gedeeltelike skade aan die grond- en eerste verdieping van die woning veroorsaak. Geen ander beserings is aangemeld nie en die oorsaak van die brand is tans onbekend.”

Diep dankbaarheid

Cassandra het met DistriksPos & Helderberg Gazette se besoek aan hul huil vertel dat haar ma behandeling in Tygerberg-hospitaal ontvang en sy hoop op ‘n spoedige herstel.

Ondanks die trauma en verwoesting, spreek Cassandra haar diep dankbaarheid teenoor die vinnige optrede van die gemeenskap uit.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • DistrictMail & Helderberg Gazette – E-Edition – 28 October 2026
    DistrictMail & Helderberg Gazette – E-Edition – 28 October 2026

Gift this article