Lekayla "Kayla", Branden en George "Boeta" Eksteen
Lekayla “Kayla”, Branden en George “Boeta” Eksteen te midde van die verkoolde oorblyfsels van hul wonings. Foto’s: Barend Williams

Vlamme eis alles: Eksteen-gesin in Strand dakloos na brand

Lekayla "Kayla", Branden en George "Boeta" Eksteen
Lekayla “Kayla”, Branden en George “Boeta” Eksteen te midde van die verkoolde oorblyfsels van hul wonings. Foto’s: Barend Williams

Lede van die Eksteen-gesin in die Strand is op Donderdag 22 Oktober in sak en as gelaat nadat ‘n brand alles wat hulle besit het, vernietig het.

Die brand het plaasgevind by Solly Arendse-straat 34 in Gustrouw waar familielede in die huis en in twee van die drie informele huise op die erf woon.

George “Boeta” Eksteen (53) was in die pad voor die erf toe sy buurman Jaco Erasmus (44), wat in die derde informele huis op die erf woon, skielik begin skreeu het.

“Ek het geskree ‘Boeta, Boeta! dit brand’,” sรช Erasmus.

Erasmus het buite sy informele woning na musiek geluister op sy Bluetooth-luidspreker toe die krag afgeslaan het. Skielik het hy iets geruik wat brand.

Toe hy by Boeta se deur inloer, het hy die vlamme gesien.

“Die vlamme was al teen die dak van die hok,” sรช hy.

Jaco Erasmus
Jaco Erasmus, wat die brand eerste ontdek het, verduidelik hoe die vlamme versprei het.

Die brand het vinnig versprei. Binne minute het die informele tuiste van Boeta se niggie Lekayla “Kayla” Eksteen (28) vlamgevat.

Die gemeenskap het ingespring met emmers water, maar dit was nie genoeg nie.

As gevolg van die brand is Boeta, Kayla asook hulle neef Branden dakloos gelaat.

“Die hokke en alles daarin het tot op die grond afgebrand,” sรช Erasmus.

George "Boeta" Eksteen
George “Boeta” Eksteen staar na die as en puin waar sy huis gestaan het. Foto: Baren Williams

Volgens Michael Abrahams, woordvoerder vir die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdiens, is die voorval om 17:31 aangemeld en die eerste eenheid is om 17:35 uitgestuur. Spanne van Strand en Sir Lowry’s Pass het gereageer.

“Die brand is om 18:08 bedwing en om 18:44 heeltemal geblus,” sรช hy.

Abrahams het bevestig dat vier mense dakloos gelaat is nadat twee hout-en-ysterstrukture by die woning vernietig is, maar geen beserings of sterftes is aangemeld nie. Daar is ook ‘n hout-en-ysterstruktuur by Solly Arendse-straat 36 vernietig.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bevestig nie en word steeds ondersoek,” sรช Abrahams.

Die families vra nou vir gemeenskapsondersteuning om hulle weer op die been te help.

๏€ผMense wat iets wil skenk of meer inligting wil hรช oor hoe om te help, kan Erasmus by 079 712 4998 kontak.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article