‘n Man moes verlede Maandag (4โMei) in sy onderklere deur ‘n venster spring om sy lewe te red nadat ‘n brand sy huis in die Morkel’s Cottage-ยญinformele nedersetting in Strand verwoes het.
Keenan Petersen (39) was die laaste om die brandende struktuur te verlaat en het dit net-net gemaak.
Luidens Michael Abrahams, ‘n woordยญvoerder vir die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdiens, is die brandweer omstreeks 05:03 na die brand ontbied, waarna spanne van die Sir Lowry’s Pass-brandweerstasie met ‘n watertenk en twee motorpompe op die voorval reageer het.
“Die brand is teen 06:18 geblus en het vier hout- en ysterstrukture verwoes, wat ses mense dakloos gelaat het. Geen beseยญrings of ander voorvalle is aangemeld nie,” sรช Abrahams.
Die vlamme het alles verwoes, maar Petersen sรช hy is dankbaar om te lewe. Hy het vasgeslaap met oorproppe toe die brand uitgebreek het.
“Gelukkig het die regter-oorprop uitgeval en ek kon twee stemme hoor wat na my skree: ‘Keenan, dit brand โ word wakker!’” vertel hy.
Hy vermoed die brand is veroorsaak deur kerse wat ander inwoners laat brand het. Hulle het waar-
skynlik aan die slaap geraak het terwyl dit nog aangesteek was.
Toe hy besef dat die vuur versprei het, het hy probeer om deur sy voordeur te ontsnap.
“Toe ek die vlamme sien, was dit reeds by my deur โ dis wat verhoed het dat die brand my huis verswelg. Ek sou lewendig verbrand het,” verduidelik hy.
Toe die deur oopbars, het hy die gordyn weggetrek en die venster probeer oopmaak, maar net toe beweeg die vlamme na hom. Hy het deur die venster gespring voordat dit hom kon oorweldig.
“Toe ek spring, het my vingers aan die plaat vasgehaak en ek moes dit afruk,” sรช hy terwyl hy sy verbinde vingers wys.
Teen die tyd wat die brandweer opgedaag het, het Petersen en die ander inwoners alles verloor โ hul klere, identiยญteitsdokumente en al hul ander persoonlike besittings.
“Ek het heeltemal gemengde emosies. Ek is gelukkig dat ek nog lewe, maar diep in my hart weet ek steeds ek het alles verloor,” sรช Petersen.

Hy staan nie alleen nie. Die gemeenยญskapsยญleier Monica Speelman sรช dit is nie die eerste keer dat ‘n brand Morkel’s Cottage tref nie, maar soos altyd staan die gemeenskap saam.
Speelman verduidelik dat die slagoffers dringend klere, beddegoed en kos benodig, aangesien hulle tans by ander gemeenskapslede inwoon, wat die min wat hulle het, met hulle deel.
. Mense wat iets wil skenk of meer inligting wil hรช oor hoe om te help, kan Speelman by 060โ438โ1585 bel.




You must be logged in to post a comment.