‘n Plaaslike tak van een van die oudste organisasies sonder winsoogmerk in die maatskapยญlikedienstebedryf blaas hierdie maand meer kersies uit as wat ‘n mens op ‘n verjaardagkoek kan inpas.
Die ACVV-Somerset-Wes het Maandag 12 Oktober 110 geword.
Beskeie begin
Volgens Reinet le Roux het die ACVV-Somerset-ยญWes op diรฉ dag in 1916 ontstaan uit ‘n behoefte om die Afrikaanse gemeenskap op morele, geestelike en kerklike gebied te versterk. Dit was 12 jaar nรก die ontstaan van die Afrikaansche Christelike Vrouwenvereeniging in Kaapstad. Twee lede van die ACVV-hoofbestuur, mevv. ยญSchonken en Cillie, het Somerset-ยญWes besoek en vroue oor die ontstaan en doelstellings van die ACVV toegespreek. Daarna is besluit om ‘n tak met 27 lede te stig. Tans kom die personeel, bestuur en kliรซnte uit alle tale, geloofsoortuigings, geslag en ras.
Huidige fokus
Die oorspronklike fokus was op opheffing, beskerming van morele standaarde, gesondheidsorg en opvoedkunde. Die eerste maatskapยญlike werker, mej. A. Hurter, is op 1 Februarie 1945 aangestel. Dit was die begin van die spanwerk tussen vrywilligers en maatskaplike werkers, wat vandag nog op die verbeteยญring van die lewensgehalte van gesinยญne en individue fokus. Deesdae is die fokus kinderยญbeskerming.
“Vir ons is die mylpaal elke kind wat nie verwyder hoef te word nie, elke kind wat teruggeplaas word in biologiese ouers se sorg, elke ouer wat suksesvolle ouerleidingsprogramme voltooi het, elke 18-jarige pleegkind wat suksesvol deur die EXIT-program integreer, elke kind wat bereik word deur bewusmakingsprogramme en elke vrywilliger wat deur hul onbaatsugtige diens die ACVV se deure 110 jaar lank oopgehou het,” sรช Le Roux.

Hoewel ACVV Somerset-Wes vandag ‘n kinderbeskermingsยญvereniging is, het die organisasie ook twee diensvertakkings: ACVV Huis Marie Louw (bejaardesorg), wat op 1 Augustus 1972 hul eerste inwoners verwelkom het, en ACVV Tinktinkie (kleuterskool), wat in 1992 gestig is.
Programme en dienste
Le Roux verduidelik die tak fokus op lewensvaardigheids- en ontwikkelingsprogramme vir risikokinders en -jeug deur vakansieprogramme, asook ‘n teenboeliegedrag-program. Ouerleidingsprogramme en groepยญwerk met biologiese ouers word voorkomend aangebied, terwyl nege veiligheids- en pleegouers gewerf, opgelei en ondersteun word. Daarbenewens bied die tak trauma-verwante intervensie, risiko-assesseringsonderhoude met kinders en families wat met substansmisbruik sukkel, en bewusmakingsprogramme deur die 16 Dae van Aktivisme- en #365Dae-veldtogte vir die uitwisยญsing van geslagsgebaseerde geweld. Opvoedkundige programme rakende die Kinderwet en kinderbeskermingsvoorkoming word aan die breรซ gemeenskap voorsien.
Statutรชre dienste word deur ‘n geregistreerde maatskaplike werker gelewer aan kinders en gesinne wat blootgestel is aan daaglike euwels en vir sorg en beskerming weens mishandeling en verwaarlosing verwys word. Gesinsherenigingsdienste behou gesinsverhoudinge waar kinders verwyder is, met die doel om hulle by hul gesinne of in hul gemeenskap van oorsprong terug te plaas.
Die hoofbegunstigdes is kwesbare kinders en gesinne, vroeรซkinderontwikkelingsentrums asook bejaardes. ACVV Somerset-Wes het ses vrywilliger-bestuursยญlede, ACVV Huis Marie Louw het vyf en ses bykomende medewerkers en vrywilligers het die hand vir projekte opgesteek.
Die tak werk saam met ‘n wye netwerk, insluitend die departemente van Maatskaplike Ontwikkeling, Onderwys, Binnelandse Sake en Korrektiewe Dienste, die Somerset-Wes-polisie, die Helderberg- en Tygerberg-hospitale, plaaslike skole, kinderbesker-
mยญingsorganisasies soos Patch, Heartlands en Badisa Strand, die Stad Kaapstad, kerke, Helderberg-Cares, Helderberg Beradingยญsentrum, Helderberg Street People en Rotary Strand.
Nรก 110 jaar bly dit ‘n uitdaging om vrywilligers betrokke te kry. Sporadiese skenkings van klere en huishoudelike produkte word ontvang en tydens die jaarlikse Winterhoop-projek in Junie en Julie word komberse, klere, nie-bederfbare produkte en geldskenkings ontvang.
Impak en toekoms
Op ‘n vraag of enige ยญspesifieke stories of herinneringe van gemeenskapslede gedeel word wat die impak van die tak illustreer, sรช Le Roux die tak het in Oktober 2025 ‘n kamp by Hendonpark vir 24 tieners, insluitend pleegkinders, aangebied om hulle in lewensvaardighede te bemagtig.
Volgens terugvoer was die tieners opgewonde oor die veilige omgewing en het dit waardeer om mekaar se stories te deel. Die aanbiedings deur maatskaplike werkers en ‘n polisiebeampte het hulle selfvertroue gegee.
Die tak het ‘n strateยญgiese plan vir vyf jaar wat opleiding deur die “crรจche-in-a-bag”-program insluit, voorkomingsprogramme wat uitgebrei sal word en deurlopende aandag aan personeel se selfsorg en geestesgesondheid gee. Die grootste uitdagings is armoede, werkloosheid, onveilige behuising en dwelm- en alkoholmisbruik.
Die gemeenskap kan betrokke raak deur hulp met die winter-voedingskema, skenkings, onderhoudswerk, ‘n volhoubare groentetuin, fondsinsameling, voorlees by Tinktinkie, en hulp by vakansieprogramme.
Die organisasie se 110de bestaansjaar word by die algemene jaarvergadering op Dinsdag 27 Oktober gevier.




You must be logged in to post a comment.