Vrou in skort en haarnet berei warm kos in 'n groot pot in 'n gemeenskapskombuis.
Sopkombuis-bestuurder Katy Arendse skep warm maaltye vir die Erijaville-gemeenskap.

Paasvreugde het na Erijaville versprei toe die Maranatha-sopkombuis Woensdag 25 Maart altesaam 70 gesinne met Paaspakkies verras het.

Die pakkies, geskenke van plaaslike kerke en organisasies, was deel van die sopkombuis se Paasvoorbereiding vir minder bevoorregte inwoners in die gebied.

Katy Arendse, bestuurder van die sopkombuis, spreek haar dankbaarheid teenoor die borge uit wat hierdie liefdadigheidsaksie moontlik gemaak het.

Skakel Arendse by 074 915 0228 om by te dra tot die Maranatha-sopkombuis se werk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article