Solidariteit was die afgelope Vrydag (13 Februarie) in die strate van Macassar sigbaar toe die Khayelitsha-subdistrik se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ‘n Super Friday-patrollie gehou het om misdaadvoorkoming en prestasies te vier.
Drie Helderberg-GPF-gebiede – Macassar, Strand en Gordonsbaai – het met Macassar se buurtwaglede en private sekuriteitsmaatskappye vir die gesamentlike optrede kragte saamgesnoer.
Die subdistrik se kommissaris, brig. Mnoneleli Magobiyane, was ook by die inisiatief teenwoordig.
Hierdeur kon die span ‘n veel wyer gebied bereik as wat met plaaslike hulpbronne alleen moontlik sou gewees het. Met die patrollie het die span verskeie inhegtenisnemings gedoen vir dwelmbesit by onwettige strukture wat vir dwelmrook gebruik word, asook by dobbelplekke.







You must be logged in to post a comment.