Michi Hugo het hierdie foto in Januarie 1986 geneem van die heel eerste wegspring van die eerste tydtoets in Die Boord, met ses deelnemers en een tydhouer. Die herkenbare deelnemers is (van links) Francois Kirsten, Mark Todes, Botha Pretorius, Sol Jacobs en Hans Hugo.

Die groep atlete wat vanjaar op die tydstoets se verjaarsdag die welbekende roete kafgedraf het.

Veertig jaar gelede het ‘n groep manne die pad gevat in Van Rheedestraat in Stellenbosch vir hul eerste tydtoets en nou, vier dekades later, pak atlete steeds elke Dinsdag hierdie roete.

Die tydtoets is in 1985 deur die Helderberg Harriers-atletiekklub begin.

Klaus Zollner, destyds die klubkaptein, verduidelik die idee was diรฉ van wyle Justin Swart aangesien daar ‘n behoefte was vir hardlopers in die Eikestad om hul eie tydtoets te hรช.

“Daar is lank gesoek vir ‘n geskikte roete in Stellenbosch. Daar is verskillende kriteria neergelรช waaraan die tydtoets se roete moes voldoen. Dit moes byvoorbeeld ‘n baie plat roete vir vinnige tye, die minimum verkeer hรช en goeie beligting deur straatligte in die winter. Ons het verskeie opsies oorweeg, soos Plankenbrug of Simonswyk, maar op die ou einde maar besluit op ‘n roete deur Die Boord,” verduidelik Zollner.

“Jat du Toit, destyds ‘n lektor by die departement ingeneurswese by die Universiteit Stellenbosch, het die moeilike taak gehad om vir ons ‘n roete te ontwerp. Onthou, in daai jare het daar nie so iets bestaan soos die internet of Google Maps nie! Jat moes nog kaarte met die hand teken, en die korrekte afstande daarop be-

paal โ€“ glad nie so ‘n maklike onderneming nie. Sy voorstel was ‘n 2 km- en ‘n 3 km- ronde, waarvan enige veelvoud dan enige gekose afstand vir die deelnemers kon gee. Die roetes is oor die algemeen uiters gewild gevind, en tot vandag toe is daar slegs minimale aanpassings gedoen.”

Oor die jare het die buurt verskeie veranderings ondergaan. Deesdae is daar die nabye Mediclinic en Spar-sentrum en Zollner verduidelik die deel Noord van Saffraanlaan het presies twee huise gehad. “Rokewoodlaan onder teen die rivier het nog nie straatligte gehad nie, wat dit effe tricky gemaak het op ‘n koue en donker wintersaand, om daar te hardloop.”

Op die eerste Woensdag in Januarie 1986 is geskiedenis gemaak toe ses hardlopers in Die Boord op die hoek van Van Rheede- en Rokewoodstraat weggespring het. Michi Hugo was daar met haar kamera om die geleentheid vas te vang.

Hoewel die tydtoets deur die lede van Helderberg Harriers gestig is, is Zollner vandag die enigste oorspronklike lid wat nog betrokke is.

Hy meen die tydtoets is ‘n hartsaak en benewens die Covid-pandemie het die weeklikse drafsessie voortgegaan. “Deur beurtkrag, stormweer en al het hier selfs net twee mense opgedaag,” verduidelik hy.

Die span agter die tydstoets is ‘n hegte en getroue klein span. Roy Carstens, oudonderwyser van Cloetesville, is reeds vir die afgelope 24 jaar die amptelike tydhouer vir die tydtoets. Carstens meen een van die beste aspekte van die tydtoets is dat dit slegs ‘n handjie vol atlete is, oud en jonk, en van enige fiksheidvlak, wat week nรก week kom draf. “Ons wil eintlik nie meer as 50 atlete per aand hรช nie, want dan raak dit moeiliker om te bestuur,” verduidelik hy. Daarmee saam is dit die samesyn wat hom vir 24 jaar betrokke gehou het.

Zollner sรช sy hoop is vir die tydtoets om voort te gaan en hy nooi enigeen wat wil kom saam draf om hul tekkies aan te trek om die span om 18:00 in Van Rheedestraat in Die Boord te ontmoet.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article