Brandweerspanne blus brand in Sercorpark wat agt mense dakloos gelaat het.
Brandweerspanne blus die brand wat drie informele strukture vernietig het en agt mense in Sercorpark dakloos gelaat het.

Agt mense het gister (15 Oktober) alles verloor toe ‘n brand hul wonings in Strand vernietig het.

Die brand het in Nazlisingel, Sercor-park, gebeur en bure van die gebied gelok. Motoriste in Broadway Boulevard is het verkeer vertraag toe hulle stadig verby gery het om te kyk hoe die vlamme die informele strukture verswelg.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad se Brand- en Reddingsdiens, het bevestig dat brandweerspanne van Strand- en Sir Lowry’s Pass-brandweerstasie die toneel met twee brandvoertuie en twee watertenkers bygestaan het vir die hoofhuis in Nazlisingel en die informele strukture wat via Broadway Boulevard bereik kan word.

“Die voorval is om 19:25 gerapporteer,” sรช Carelse.

Die brand is om 20:10 geblus en geen beserings en sterftes is aangeteken nie.

“Ons aanvanklike skatting is dat een woning en drie informele strukture vernietig is, wat agt persone ontheem gelaat het,” verduidelik hy.

Carelse kon nie die oorsaak van die brand bevestig nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article