’n Gratis soetding, gratis koffie en bier, afslag op pizzas en selfs afslag op ’n manikuur. Dit is van die lekkertes waarvan kiesers wat reeds gaan stem het, vandag kan uitsien.
Die volgende aanbiedings geld landwyd, onderhewig aan sekere bepalings en voorwaardes:
Krispy Kreme: Wys jou duim, en kry ’n gratis oliebol. (Een “original glazed doughnut” per persoon wat gestem het).
Tiger’s Milk: Gaan vier stemdag met ’n gratis 300ml-bier (sekere bepalings geld.)
Sorbet: As jy klaar gaan stem het, gebruik die res van die dag vir ’n bietjie bederf. Sorbet bied 10% afslag op enige manikuur op 4 én 5 November, met die slagspreuk: “Betaal vir 9 vingers, jou stemduim is gratis.”
Hennies: Jy kan ’n gratis drankie kry as jy reeds gestem het. Kies uit Coca-Cola (gewoon of zero), Castle (gewoon of alkoholvry) of Brutal Fruit L’Orange Rossa.
Del Forno: Nie lus vir braai nie? Gaan kry ’n 19 cm-pizza en ’n 330 ml Pepsi vir slegs R49.
Wimpy: Wys jou inkduim, en kry ’n gratis koffie of warm sjokolade.
Spur: Gee ’n gratis draairoomys saam met ’n hoofmaaltyd aan almal wat reeds gestem het.







