Verkiesing: Amper halfpad, resultate verras deurgaans

Só lyk die uitslagbord van die Verkiesingskommissie by Gallagher-konferensiesentrum in Midrand. Foto: Sharon Seretlo, Gallo Images.
Só lyk die uitslagbord van die Verkiesingskommissie by Gallagher-konferensiesentrum in Midrand. Foto: Sharon Seretlo, Gallo Images.

Met 41% van die stemdistrikte landwyd se uitslae bekend, het die ANC 32,1% van die steun behaal, gevolg deur die DA met 27,16%, die MKP met 7%, die EFF met 5,71%, die VF Plus met 3,81%, ActionSA met 3,62%, die IVP met 3,43%, die PA met 3,34% en die SAKP met 2,62%.

In Kaapstad het die DA 60,93% van die steun, gevolg deur die ANC met 10,84%, die PA met 4,23% en die VF Plus met 3,32%. Sowat 31% van die stemdistrikte se uitslae is bekend.

Die DA loop in Nelson Mandelabaai voor met 41,3% van die steun, gevolg deur die ANC met 26,7%, die SAKP met 4,82%, die EFF met 4,72% en die PA met 3,72%. Sowat 42% van die stemdistrikte se uitslae is bekend.

In Buffalo City het die ANC 39,95% van die steun, gevolg deur die DA met 20,1%, die UDM met 17,98% en die EFF met 7,01%. Sowat 60% van die stemdistrikte se uitslae is bekend.

Met slegs 2% van die stemdistrikte in eThekwini se uitslae bekend, loop die MKP voor met 39,44% van die steun, gevolg deur die ANC met 23,58%, die DA met 23,2% en die IVP met 3,07%.

In Ekurhuleni loop die DA voor met 37,2% van die steun, gevolg deur die ANC met 18,75%, ActionSA met 16,12%, die VF Plus met 7,5%, die MKP met 5,92% en die EFF met 5,35%. Sowat 31% van die stemdistrikte se uitslae is bekend.

Met sowat 29% van die stemdistrikte in Tshwane se uitslae bekend, loop die DA voor met 34,13% van die steun, gevolg deur ActionSA met 22,52%, die ANC met 19,93%, die VF Plus met 8,22% en die EFF met 5,69%.

In Johannesburg het die DA die meeste steun met 39,71%, gevolg deur die ANC met 17,17%, ActionSA met 16,09%, die EFF met 6,52%, die MKP met 4,41% en die VF Plus met 2,47%. Sowat 22% van die stemdistrikte se uitslae is bekend.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos