Bertha le Roux-Wahl was vir talle kykers langer as ’n dekade sinoniem met Emma le Roux van 7de Laan. Dié vriendelike meisie met die opregte hart het ’n besondere plek in kykers se huise ingeneem.
Maar die aktrise agter dié geliefde karakter het nooit ophou droom oor wat nóg moontlik is nie. Nou betree sy die wêreld van Diepe Waters as Eurika Janse van Rensburg, ’n kleurvolle, uitbundige weduwee met ’n groot persoonlikheid, ’n mond sonder ’n filter en ’n hart wat, ten spyte van haar soms oorweldigende geaardheid, op die regte plek sit.
“Hierdie lyk na groot pret,” was Wahl se eerste gedagte toe sy van die karakter lees, vertel sy. En pret is dit gewis. Eurika se uitspattige klerekas, lang naels en gewaagde persoonlikheid verskil hemelsbreed van Wahl se eie styl. Vir die aktrise was dit juis deel van die aantrekkingskrag. “Sy vra nie verskoning vir haar uitspattigheid nie,” vertel Wahl. “Haar klerekas sê: ‘Ek is hier en ek geniet dit.’ ”
- Lees ons volledige onderhoud in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
