Tesourie se ‘morele dilemma’

Velenkosini Hlabisa, die minister van same­werken­de regering en tradisionele sake, en Enoch Godongwana, die minister van finansies.
Velenkosini Hlabisa, die minister van same­werken­de regering en tradisionele sake, en Enoch Godongwana, die minister van finansies. Foto: GCIS.

Munisipaliteite het verlede week ’n belangrike les geleer, meen die ekonoom Dawie Roodt: “Steur jou net eenvoudig nie aan die nasionale tesourie nie en dan gaan hulle in elk geval uiteindelik betaal.”

Sy reaksie kom nadat Enoch Godongwana en Velenkosini Hlabisa, die ministers van onderskeidelik finansies en samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), verlede week aangekondig het die tesourie sal Vrydag die oorblywende gelykberegtigingstoelaes aan 49 munisipaliteite ­uitbetaal.­ Dit is ten spyte daarvan dat hulle steeds nie aan die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA) voldoen nie.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos