Prof. Hein Willemse: Dís hoekom ek ná my aftrede eintlik nog nie opgehou werk het

Hein Willemse ontvang sy doktorsgraad in letterkunde, Universiteit van Wes-Kaapland, in 1996. By hom is sy ma, Cathy, en sy jongste broer, Paul. Bellville, 1996.
Hein Willemse ontvang sy doktorsgraad in letterkunde, Universiteit van Wes-Kaapland, in 1996. By hom is sy ma, Cathy, en sy jongste broer, Paul. Bellville, 1996. Foto: Verskaf.

Ons gesels virtueel op ’n sonnige Vrydagoggend. Hein Willemse – emeritus professor in letterkunde en teorie – sit in sy studeerkamer in Somerset-Wes.

Agter dié voormalige hoof van die departement Afrikaans by die Universiteit van Pretoria kreun die boekrakke onder honderde boeke.

’n Skaaphond, Tip – al grys om die bek – kom loer ook in. Gerus dat sy geliefde baas daar is, vly hy hom in ’n sonkol neer.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos