Pad na kansel en na nuwe reeks lê oop

Brendan Peyper en sy verloofde, Marise van der Westhuysen.
Brendan Peyper en sy verloofde, Marise van der Westhuysen.

Met die sekwestrasie agter hom, lê die wêreld weer oop vir Brendan Peyper (29) – Amerika toe, en kansel toe in Januarie.

Peyper het eksklusief aan Die Papier gesê die reaksie van ondersteuners op die nuus oor die ingewikkelde hofgeding waarby hy betrokke was, is “die teenoorgestelde van die laaste drie jaar se kommentaarafdeling op sosiale media”.

“Ek kry ongelooflik baie boodskappe. Baie mense kan daarmee relate en baie mense sê hulle is so bly vir my.”

Hoewel hy hom nie gewoonlik aan ongegronde kritiek deur aanlyn grootbekke steur nie, was die afgelope drie jaar moeilik.

LEES OOK | Brendan Peyper: ‘Ek is tevrede dat waarheid eindelik seëvier’

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos