Reddingspan ná oorskot van laaste 5 Ekapa-mynwerkers gekry is: ‘Nóú kan ek asem uitblaas’

Die Ekapa-myn in Kimberley.
Die Ekapa-myn in Kimberley. Foto: Ekapa.co.za.

Vroeër vandeesweek, kort nadat die oorskot van die laaste van die vyf mynwerkers herwin is wat op 17 Februarie in ’n vernietigende modderstorting diep onder in die Ekapa-diamantmyn in Kimberley omgekom het, kon Mannas Fourie, die uitvoerende hoof van Mines Rescue Services, sy asem verlig uitblaas.

“Dit was 34 dae al om die klok van onbeskryflike stres en harde werk waaraan altesame 485 protospan-reddingswerkers deelgeneem het,” vertel hy.

Hul taak is oorskadu deur “alomteenwoordige, dreigende gevare” agter die massas modder en rotse. Dit kon hulle ook hul lewe kos.

Ure ná die modderstorting is gate geboor na waar die vermiste mans was. Kameras is laat sak, maar dit het net water tot teen die dak getoon, lewe daarin was onmoontlik.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos