‘Luukse ontwikkelings ontwrig plaasfamilies’

Die Women on Farms-­organisasie (WOF) eis dat grond in die Wes-Kaap vir plaasarbeiders onteien word.

Landbou in die Wes-Kaap is een van die grootste ekonomiese drywers en daarom is dit kommerwekkend dat al meer landbou-aktiwiteite in ­distrikte soos die Kaapse Wynland ­gestaak word om plek te maak vir private residensiële en kommersiële ontwikkelings.

Dit is die mening van Billy Claasen, voorsitter van die Landelike en Plaaswerker­ontwikkelingsorganisasie.

Claasen se organisasie ondersteun oproepe deur die Women on Farms-organisasie (WOF) dat ’n moratorium op alle aansoeke vir die ontwikkeling van landelike grond vir kommersiële doel­eindes geplaas word.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos