Help ’n kind en slaan ’n prys los

Willem Pelser, aanbieder van Spitstyd op RSG.
Willem Pelser, aanbieder van Spitstyd op RSG. Foto: Verskaf.

Vir sommige mense is R50 skaars genoeg vir ’n wegneemkoffie. Vir duisende kinders wat jaarliks deur Die Kinderfonds se projekte bereik word, kan dieselfde bedrag egter ’n groot verskil maak.

Met vanjaar se Die Kinderfonds-projek word jy weer genooi om met ’n R50-skenking nie net kinders te ondersteun nie, maar terselfdertyd die kans te hê om ’n groot prys los te slaan. Verlede jaar se veldtog het meer as R1,35 miljoen opgelewer, en die organisasie hoop om dié bedrag vanjaar te oortref.

Die prys op die spel is R200 000, óf ’n Toyota Vitz, terwyl daar ook ’n ekstra kontantprys van R20 000 is vir deelnemers wat teen 7 November altesame R1 800 of meer bygedra het.

Die Kinderfonds.

Volgens Adrie van Staden, uitvoerende hoof van Die Kinderfonds, is die same­werking met RSG ’n belangrike rede waarom die jaarlikse geld­insameling oor meer as twee dekades kon groei. RSG is sedert 2002 by die projek betrokke. Louise Jooste, sakebestuurder van RSG, sê hul betrokkenheid gaan oor meer as bloot ’n jaarlikse projek. “Dit is deel van wie ons is,” sê sy.

Volgens Jooste het radio ook ’n verantwoordelikheid teenoor gemeenskappe. Elke skenking en elke verhaal wat deur die veldtog vertel word, kan volgens haar ’n impak hê wat veel verder as die onmiddellike hulp strek.

“Ons is trots om saam met Die Kinderfonds te werk, en diep dankbaar vir elke luisteraar wat ons help om ’n lig aan te steek in ’n kind se lewe.”

In ’n toenemend mededin­gende motormark het volgehoue ondersteuning van vennote soos RSG vir Die Kinderfonds groot waarde.

Veral om in smiddae se Spitstyd Die Kinderfonds onder luisteraars se aandag te bring. Willem Pelser, aanbieder van dié middag-huis-toe-ry-program, moedig luisteraars ook gereeld aan om met ’n R50-bydrae die fonds te ondersteun.

’n R50-skenking gee deelnemers vyf inskrywings. Diegene wat R250 skenk, kry ses inskrywings, terwyl groter bydraes vir die ekstra kontantprys in aanmerking kan kom.

Betaal jou skenking aan Die Kinderfonds by Absa, rekening 2840 157 329, met takkode 632005, en gebruik jou selfoonnommer as verwysing. Die betaling dien dan as jou inskrywing. Volledige reëls en inligting is beskikbaar by www.diekinderfonds.co.za. Navrae kan ook aan Van Staden by WhatsApp 061 479 4791 gerig word.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos