Generiese kitsbanke kom dalk

Rashad Cassim, die Suid-Afrikaanse Reserwebank se adjunkhoof.
Rashad Cassim, die Suid-Afrikaanse Reserwebank se adjunkhoof. Foto: Fani Mahuntsi, Gallo Images.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank wil nuwe handelsmerk­lose kitsbanke land­wyd instel, wat dit goedkoper sal maak vir kliënte om kontant te onttrek.

Rashad Cassim, die Bank se adjunkhoof, het onlangs op ’n mediabyeenkoms gesê die sentrale bank ondersoek die haalbaarheid van ’n sogenaamde “white-label”-kitsbankstelsel.

Dit sal beteken masjiene word nie noodwendig met ’n spesifieke bank geassosieer nie.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos