F1: Antonelli sal 1ste wegspring by Amerikaanse GP

Kimi Antonelli van Mercedes.
Kimi Antonelli van Mercedes. Foto: Nicolas Economou, Getty Images.

Kimi Antonelli het Saterdag ’n foutlose ronde vir eerste wegspringplek op die Circuit of the Americas gelewer. Die 20-jarige Italianer het onder geweldige druk sy kalmte behou en sy sewende eerste wegsrpingplek van die seisoen verower met ’n perfek ronde van 1:34.035.

Die Mercedes-ster kan Sondag die jaerskampioenskap beklink indien hy sy posisie in ’n oorwinning omskep en sy mededingers struikel.

Antonelli was 0,179 sekondes vinniger as sy naaste uitdager, Max Verstappen, terwyl die Nederlander se Red Bull-spanmaat, Isack Hadjar, met ’n loopbaanbeste derde plek gekwalifiseer het. Ferrari se Charles Leclerc was vierde, voor George Russell in die tweede Mercedes en die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton in die ander Ferrari.

Verstappen, wat sy vyfde oorwinning in Austin najaag, was teleurgesteld.

“Q3 was nie goed nie. Q1 en Q2 was lekker, maar om een of ander rede het ek met albei stelle bande nie die balans gehad nie. Geen foute nie, maar eenvoudig geen greep nie.”


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos