‘Ek het niks om weg te steek,’ sê onderwys se DG

Mathanzima Mweli Foto: OJ Koloti, Gallo Images

Hy is glad nie daarteen gekant om aan ’n leefstyloudit onderwerp te word nie, maar die regte prosesse moet gevolg word, sê Mathanzima Mweli, die direkteur-generaal van basiese onderwys.

“Ek het niks om weg te steek nie,” het Mweli in ’n verdere sarsie in sy openbare twis met Siviwe Gwarube, die minister van basiese onderwys, aan Die ­Papier gesê. Volgens hom was hy geskok om in die media te lees van bewerings dat hy weier om hom aan ’n leefstyloudit deur die Spesiale Ondersoek- eenheid (SOE) te onderwerp.

Mweli beweer Gwarube en haar woordvoerder het die media persoonlik oor die kwessie gekontak en dat hy die minister daarvan bewus gemaak het dat dit teen die beleid is.

Hy het verwys na beriggewing op verskeie nuusplatforms oor die kwessie. Volgens Mweli was hy self as nasionale departementshoof by die magtiging van die betrokke leefstyloudits op homself en ander senior amptenare betrokke.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos