Donovan Marx-plaasaanval: Dricus du Plessis tree ook toe

Dricus ‘Stillknocks’ du Plessis.
Dricus ‘Stillknocks’ du Plessis. Foto: Jeff Bottari, Getty Images.

Die aanval op Donovan Marx het wyd reaksie ontlok, met bekende Suid-Afrikaners, sportsterre en politieke figure wat hul stemme by die groeiende openbare verontwaardiging gevoeg het.

Die UFC-kampioen Dricus du Plessis het verskeie plasings oor die aanval op sy Instagram-stories gedeel. Du Plessis het voorheen gesê hy wil sy internasionale platform gebruik om wêreldwyd aandag op plaasmoorde te vestig.

Die voormalige Mej. Suid-­Afrika en Mej. Wêreld, Anneline Kriel, het haar hartseer oor die aanval op Facebook uitgespreek en gesê geen mens behoort sulke lyding te ervaar nie en gevra hoeveel meer swaarkry boeregemeenskappe nog moet verduur.

Roland Schoeman, die voormalige Olimpiese swemmer, het ook op X gereageer en gesê Andile Mngxitama, ’n LP van die MK-party se uitsprake ver­dien internasionale ondersoek en ’n formele reaksie.

Die Amerikaanse miljardêr Elon Musk het ook op X op die aanval gereageer: “So many times this has happened”.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos