‘Net een groot kamer’
Op 78 besef hy dis dalk tyd om af te skaal. Om sy huis vir ’n aftreeoord te verruil, is iets waaraan hy al hoe meer dink.
Dis nie iets wat hom bangmaak nie.
“Ek wil net een groot kamer hê – met plek vir ’n klavier,” vertel hy.
As hy kon, sou hy in ’n klein huisie op die Japanse platteland gaan aftree het.
Hy vertel dat hy van kleintyd af al ’n ding het oor Japan.
As klein seuntjie – uitgedos in sy ma se japon en skuifel-skuifel met sulke klein treetjies – het hy hom verbeel hy is ’n geisha.
“En ek is mal oor Kabuki-teater en Noh-teater, wat ek altyd net op flieks gesien het.”
En wat van sy klavier, as hy in ’n houthuisie in Japan gaan bly?
“Ek sal vir hom ’n kas bou,” sê hy met sy kenmerkende laggie.
- Lees die volledige onderhoud met Tobie Cronjé in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
