Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die Papier – 2 Oktober 2026

Al is die dae van beurtkrag (minstens waarskynlik voor die verkiesing) verby, weet almal teen die tyd Johannesburgers is gereeld sonder elektrisiteit en water. Dit gaan beroerd in verskeie munisipaliteite, maar as die ekonomiese kern, sou jy meer verwag van Johannesburg en sy kragvoorsiener, City Power. Die Papier stel ondersoek in.

Massaskietery is aan die toeneem en is dalk binnekort op jou voorstoep. Verskeie kenners verduidelik waarom dit aan die toeneem is en wat die polisie kortwiek om dit te keer.

Hoewel president Cyril Ramaphosa in die week met die nasie oor geslagsgeweld gepraat het, sê talle dat sy beloftes opvallend dieselfde is as dié van sewe jaar gelede.

Ons skryf ook oor die oorbevolking in Dunoon in die Wes-Kaap, gesels met Hoërskool Stellenberg se hoof, Yolandé Havinga, en bekyk ’n studie wat jagters se siening ondersteun wanneer dit by trofeejag kom.

Op die sportblaaie skryf Hennie Koortzen oor die onlangse Bok-nederlaag in Perth terwyl Stehan Schoeman die eerste ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap van nader bekyk. Daar is ook onder meer krieket- en F1-nuus, terwyl julle skolesportfoto’s ’n treffer op hierdie blaaie bly.

In Dink skryf ons oor die unieke dinamika tussen egtheid en Gen Z, bied die afgetrede diplomaat Dawie Jacobs ’n ander perspektief op Lex Libertas se Witkruisprojek en leer ’n mens wat is ’n slodderkous.

Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos