Die Papier se politieke redakteur, Jana Marx, gesels met Leo Brent Bozell III, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika oor visumbeperkings, die veiligheidsoplossings wat Washington glo aan SA voorgestel het en oor die toekoms van Agoa. “Ek kan ’n ploert wees en sê Suid-Afrika het ons meer nodig as wat ons Suid-Afrika nodig het, en dit is waar.”
Ons berig ook oor die omstrede Witkruisprojek in die VSA en vra wat Theo de Jager, die lanbou-organsiasie Saai se uitvoerende hoof, Kallie Kriel van AfriForum en Barend la Grange van Afrikaanse Vereniging van Suid-Afrika van dié inisiatief dink.
Die polisieondersoek na die opspraakwekkende Kempton Park- en Ekhuruleni-moorde word nou met ’n verskerpte fokus aangepak. Lees meer hieroor in die koerant en op ons YouTube-nuusprogram, Die Papier Praat, wat nou beskikbaar is.
Ons het al berig oor die skokkende swak luggehalte in Gauteng en ander provinsies. Maar dit is nie nét die lug wat vuil is in die klein provinsie nie – dis ook die water en die grond.
Vir ligter vermaak gesels ons met Altus Theart en Jean Henry wat die gewilde sepie Diepe Waters groet en Mynderd Vosloo skets komies hoe ’n afspraak by ’n sielkundige lyk as jy Sondag vir die Wallabies moet uitdraf.
Op die sportblaaie skryf Hennie Koortzen oor dié einste wedstryd, en Oom Rugby kyk in diepte wat verlede jaar op Ellispark fout gegaan het toe Australië die Bokke behoorlik pak gegee het.
In Dink lewer Johannes Froneman ’n “voorlopige verslag en ongevraagde rapport” oor ons koerant, soos hy dit noem en Ilse Salzwedel gesels met die RSG-ikoon Magdaleen Krüger wat nou “regtig” gaan aftree.
Onthou ook om ons sudoku en fotoblokraai in te vul op ons speletjiesblad.
Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
