Hoewel die VF Plus in die Midvaal-munisipaliteit van die plaaslike verkiesings in 2021 tot nou gegroei het, kon hulle nie ’n beduidende knou aan die DA se bastion hier maak nie.
Die VF Plus het destyds 6,3% en twee setels gekry, die ANC moes met 21,2% van die stemme en 6 setels tevrede wees, met die DA wat 62,7% en 19 setels behaal het.
Die prentjie lyk nie nou veel anders nie, maar daar is dikwels juis ’n groter storie wat in die kleinere detail versteek lê. Die plaaslike verkiesings hierdie jaar het groot veranderings opgelewer met talle wyke wat geswaai het of politieke partye se steun wat drasties toegeneem of gekwyn het.
Sodoende is dit merkwaardig dat die DA steeds 19 setels in dié munisipaliteit kon wen, met 61,9% van die stemme. Die VF Plus sal weer twee setels kry, maar die ANC het een setel verloor.
“Inwoners het gekies om voort te gaan om vordering te maak onder die Demokratiese Alliansie en burgemeester Peter Texeira,” het die DA aanlyn laat hoor.
Texeira is sedert November 2021 die burgemeester van Midvaal.
