Bulle bars ná rustyd los en stoomroller Scarlets op Loftus

Sebastian de Klerk keer terug na 'n besering hom lank van die veld gehou het. Foto: KickOff
Sebastian de Klerk keer terug na ’n besering hom lank van die veld gehou het. Foto: KickOff

Die tweede helfte het met drama begin toe Scarlets se Gareth Davies slegs twee minute ná rustyd ’n drie gedruk het. Ná ’n TMO-hersiening is die drie egter teruggetrek, en die Bulle het hul voorsprong behou.

Die Bulle het kort daarna self toegeslaan. Marcell Coetzee het in die 44ste minuut ’n drie gedruk, waarna Curwin Bosch die doelskop oorgeskop het om die telling op 26-12 te staan te bring.

Die spanning het verder toegeneem toe Stedman Gans in die 47ste minuut met ’n geelkaart afgestuur is. Scarlets het probeer om die agterstand te verklein en het selfs ’n drie aangeteken wat ná verskeie TMO-hersienings nie toegeken is nie.

Archie Hughes het in die 50ste minuut wel met ’n drie daarin geslaag om Scarlets se telling te verhoog. Carwyn Leggatt-Jones het die doelskop oorgeskop en die telling op 26-19 te staan gebring.

Leggatt-Jones het kort daarna weer agter die doellyn gaan kuier en met die suksesvolle doelskop die telling gelykop gemaak.

Die Bulle het egter vinnig teruggeslaan. Coetzee het sy tweede drie in die 57ste minuut aangeteken, waarna Bosch die doelskop oorgeskop het om die Bulle weer met sewe punte voor te plaas.

Cobus Wiese het daarna ook ’n drie gedruk, met Bosch wat weer die doelskop oorgeskop het om die telling op 40-26 te staan te bring.

Johan Grobbelaar het die Bulle se voorsprong verder vergroot met nog ’n drie. Bosch se suksesvolle doelskop het die telling op 47-26 te staan gebring.

Dylan Maart het sy tweede drie van die wedstryd aangeteken en Bosch het ook dié doelskop oorgeskop. Met vyf minute oor het die Bulle dus met 54-26 voorgeloop.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos