Boland klop Oakdale in naelbyt-kragmeting

Die langverwagte Battle of the Boere, oftewel die groot King Price-landbouderby tussen Hoër Landbouskool Oakdale en Boland Landbouskool, het vanjaar weer op Boland se tuisgrond plaasgevind – en die rugbykragmeting het aan die einde ’n riller geword.

Die twee skole se interskole-kragmeting dateer uit 1987 en het oor die jare ontwikkel tot een van die groot hoogtepunte op die landbouskoolkalender. Die wedywering strek egter veel verder as net die rugbyveld, met verskeie sportsoorte en aktiwiteite wat deel van die naweek se verrigtinge vorm.

Op die rugbyveld het die eerste spanne van Oakdale en Boland die toeskouers tot die laaste minuut op die punt van hul stoele gehou. Boland het uiteindelik met net twee punte, 40-36, geseëvier.

Die oorwinning het tot groot feesviering gelei toe skoliere, oudskoliere en ondersteuners ná die eindfluitjie die veld bestorm het om saam met die spelers die sege te vier.

Boland se grootste oorwinning in die derby het in 2018 gekom toe hulle Oakdale met 56-19 verslaan het.

Die landbouskole se rugbytradisie het ook ’n sterk erfenis van verteenwoordigende spelers opgelewer. Sedert die instelling van die Cravenweek in 1982 het Boland volgens die skool se syfers 67 Cravenweek-spelers opgelewer, benewens spelers wat die Suid-Afrikaanse Skolespan en Suid-Afrikaanse Skole Akademiespan verteenwoordig het.

Die Battle of the Boere het reeds Vrydag afgeskop met ’n gholftoernooi en ’n bergfietsuitdaging, wat die verhoog vir ’n naweek van interskole-kompetisie gedek het.

In die bergfietsuitdaging het Boland ook die botoon gevoer en Oakdale met 47-31 geklop tydens die byeenkoms by Rhebokskloof.

Met Boland wat in beide die bergfietsuitdaging en die groot rugbykragmeting as wenners uit die stryd getree het, het die tuisskool uiteindelik die naweek met ’n dubbele oorwinning afgesluit.

Punte aangeteken gedurende die naweek:

Onder 19

SpanBoland LandbouOakdale
19A4036
19B2924
19C2017
19D2317
19E147
19F714
19G3430

Onder 15

SpanBoland LandbouOakdale
15A1421
15B1615
15C2214
15D717

Onder 16

SpanBoland LandbouOakdale
16A327
16B1015
16C2124
16D197

Onder 14

SpanBoland LandbouOakdale
14A612
14B327
14C053
14D052

Kyle Burger

Adrian Smith

Francois Le Roux

Ruan Groenewald

Rico Ferreira (Kaptein)

Moeshaan Mortlock

Callie Wanenburg

Bernard Badenhorst

Mich van Eeden

Marky Kortjie

Luan Mortlock

Andre van der Merwe

Myburgh Eksteen

Nathan-Lee Gordon

Mark-Hein Fourie

Adrian le Roux

MJ Terblanche

Tiaan Malan

Chad Meintjies

RW van Deventer (Kaptein)

Juan Visagie

Josh Kruger

Edrich Rix

Oloff Bergh

Caleb Seroot

Steyn Lamprecht

Cobus Immelman

Divan Meyer

Kobus Jordaan

Charl du Plessis


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos