Geen rede tot kommer heers ná Sondag se nederlaag in Perth nie. Die Springbokke het weliswaar Sondagmiddag 42-38 in die Optus-stadion teen die Wallabies verloor, maar die doemprofete kan liefs bedaar, aldus Heyneke Meyer, ’n voormalige Springbok-afrigter.
Meyer het aan Die Papier gesê Bok-ondersteuners moenie té veel in die wedstryd lees nie. Kommer heers wel dat die Bokke selfs ná vier geelkaarte, wat die Italiaanse fluitjieblaser Andrea Piardi aan die Wallabies uitgedeel het, steeds nie die wa deur die drif kon trek nie.
“Mense moenie te veel in die wedstryd lees nie. Dit is goeie spelers wat in aksie was, maar hulle het lanklaas saam gespeel. Jy kan vir weke saam oefen, maar jy het ’n wedstryd of twee nodig om wedstrydfiks te raak.” Paul de Villiers, wat in sy vyfde toets van krag tot krag gegaan het, was weer een van die Bok-uitblinkers. “Paul het vir my uitgestaan, maar dit is onregverdig dat sommige spelers nou deur ondersteuners afgeskryf word.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
