‘Boer soek ’n vrou’: Die liefde blom vir sommige – selfs die ‘L’-woord duik op

Dis vakansieweek! Foto: Skermgreep
Dis vakansieweek! Foto: Skermgreep

“Son, see en avontuur . . . en die begin van ’n nuwe liefde. Wat meer kan die hart vra?” wou Reandi Grey weet in die voorlaaste episode van kykNET se gewilde Boer soek ’n vrou-maatsoekreeks wat kykers vasgenael voor die kassie hou. Maar, het sy belowe, daar sou nie ’n enkele vervelige oomblik wees in hierdie stadium van die boere se soektog na ’n lewensmaat nie.

Gaan die vakansie-week by die Wild Coast Sun dalk verhoudings maak of breek? Te oordeel aan Jack en Hanli se breë glimlagte het hulle beslis baie uitgesien na hierdie week. Maar wat het van Jack se hare geword?

Wat het van Jack se hare geword? Foto: Skermgreep
Wat het van Jack se hare geword? Foto: Skermgreep

En iemand wat so 30 jaar gelede daar was, was ewe ingenome om saam met die boere en hul pasmaats te kuier. Dis natuurlik Willie, die boer wat net nie daarin kon slaag om minstens een van sy kuiergaste langer op die plaas te laat aanbly nie. Maar dit het nie gelyk of dit hom gepla het nie . . . 

Willie het wonderlike herinneringe aan sy kindertyd hier herleef. Foto: Skermgreep
Willie het wonderlike herinneringe aan sy kindertyd hier herleef. Foto: Skermgreep

“Ek dink ek het bietjie die bôl gedrop op die verantwoordelikheid wat ek gehad het. Nie net teenoor die dames nie, maar ook teenoor die familie, teenoor almal wat daar was . . . Ek dink nie dit was baie regverdig teenoor hulle almal gewees nie,” het hy wel erken. Tog wil hy glo dat na ’n paar telefoonoproepe na onder andere Lezelle en Madelé die volgende week, daar wel vergifnis op die kaarte was vir hom.

Stadig oor die klippe vir JD en Leonè. Foto: Skermgreep
Stadig oor die klippe vir JD en Leonè. Foto: Skermgreep

JD het laat hoor dat hy en Leonè dinge maar stadig vat en nog steeds net vriende is. Veral Leonè voel sy moet dinge stadiger vat, terwyl Rosanne en Arno se blink ogies verklap dat dinge “baie goed” tussen hulle gaan.

Arno en Rosanne straal behoorlik. Foto: Skermgreep
Arno en Rosanne straal behoorlik. Foto: Skermgreep

“Dis die kort en die lank van dit,” het dit van ’n glimlaggende Arno gekom. Die jong boer het glad nie gras – of is dit in hierdie geval boomtakke? – onder sy voete laat groei nie. Hy het haar sommer dadelik sy meisie gemaak nadat hy haar gevra het om langer aan te bly!

“Dis definitief meer as vriendskap,” het Sonel oor haar en Francois se situasie kwytgeraak. En ook bygevoeg dat hulle altwee op ’n tyd in hul lewens is waar hulle nie mekaar se tyd wil mors nie en dat hulle saam op pad is in dieselfde rigting.

Daar is wel gevoelens tussen Francois en Sonel. Foto: Skermgreep
Daar is wel gevoelens tussen Francois en Sonel. Foto: Skermgreep

“Ek en Hanli het besluit ons gaan vir nou net eers vriende wees,” het Jack vertel. Hanli het saamgestem en genoem dat hulle altwee bly is om saam daar te wees en dat daar niks “weird” gevoelens tussen hulle is nie. 

'Net vriendskap' vir Jack en Hanli. Foto: Skermgreep
‘Net vriendskap’ vir Jack en Hanli. Foto: Skermgreep

Hoeveel gaan Lekkeslaap se R10 000-geskenkbewyse vir elke paartjie help om die liefdeslig nog beter te sien?

Willie het ook heerlik saam met die boere en hul pasmaats gekuier en so tussen die tergery het hy genoem dat dit vir hom ’n bietjie anders was omdat hy dit alleen moes doen terwyl hulle met hul gekose pasmaats doen. Maar, het hy ewe gelate verklaar, dit was maar die pad wat vir hom voorgelê het. 

Dit het tog gelyk of JD en Leonè wel graag tyd alleen met mekaar wou spandeer want daardie geleentheid het nog nie opgeduik nie.

Die volgende deel van die vakansieweek was ook uitdagend. Die spannetjie moes gereedmaak om saam met haaie te gaan duik. JD was effe gespanne maar Leonè weer baie opgewonde. 

Wie gaan 'haaiduik' en wie gaan 'haai, kyk'? Foto: Skermgreep
Wie gaan ‘haaiduik’ en wie gaan ‘haai, kyk’? Foto: Skermgreep

Arno het homself ook in JD se bootjie bevind – haaie is nie vir almal nie en dit was een van sy grootste vrese. 

“Dis amper soos hoogtevrees,” maar hy het tog die hok binnegegaan.

Selfs Willie was onseker oor dié besigheid. Hy het immers al baie stories oor haaie gehoor. En Jack se aanvanklike opgewondenheid het met die deining van die see ’n duik gevat. Seesiek? Dalk so ’n bietjie.

Jack het nie baie van die deining van die see gehou nie. Foto: Skermgreep
Jack het nie baie van die deining van die see gehou nie. Foto: Skermgreep

Francois het die Vrystaat-manne, dis nou JD en Willie, se reaksies baie vermaaklik gevind. JD het later gesê hy dink hy was die bangste van almal om in daardie hok te klim, veral nadat hy “een m**rse haai” gewaar het. 

Daarenteen kon Hanli nie haar opgewondenheid beteuel nie en sy was gek daaroor wanneer die haaie nader geswem het.

Hanli was so tuis soos 'n vis in die water. Foto: Skermgreep
Hanli was so tuis soos ’n vis in die water. Foto: Skermgreep

Vir Willie was dit een van die top-3 dinge wat hy tot nou toe gedoen het.

Een van die dinge waaroor almal na die tyd saamgestem het, was dat hierdie ’n heerlike groepie mense bymekaar is. En dan: Arno en Rosanne is smoorverlief terwyl Francois en Sonel baie moeite met mekaar doen. Tussendeur het almal ook gewens dat “Wille Willa”, oftewel Willie, darem ook ’n maatjie moet kry.

‘Jy gáán skree’

Met die haaie veilig in die oseaan, was die volgende uitdaging een wat Jack sou beproef het: Hoogte. En ’n groot hoogte daar by Wild 5 Extreme Adventure in Oribi Gorge, die diepste kloof ter wêreld.

“Bang of nie, dit gaan gebeur. Jy gáán skree, dis ’n 3-sekonde vryval,” het André vir Jack en Hani verwelkom.

Jack het klim bo spring verkies. Foto: Skermgreep
Jack het klim bo spring verkies. Foto: Skermgreep

“Ek gaan nie spring nie. Julle kan my maar strap, maar ek gaan nie spring nie,” het dit kopskuddend van Jack gekom.

Hanli wou nog koue voete kry – toe spring sy maar. En ja, sy het geskree. Maar dit was van lekkerkry.

Hanli het net vir 'n oomblik gehuiwer voordat sy die sprong gewaag het. Foto: Skermgreep
Hanli het net vir ’n oomblik gehuiwer voordat sy die sprong gewaag het. Foto: Skermgreep

Jack het haar as ’n sonstraaltjie beskryf, ook dapper en vol pret. Sy het wel gedink verder op die pad vorentoe kan daar dalk potensiaal vir ’n verhouding met Jack wees, maar sy gaan nie op haar hande sit en wag daarvoor nie. Jack was op sy beurt versigtig om dinge nie te forseer en sodoende sake tussen hulle te befoeter nie.

Is dit die einde tussen Jack en Hanli? Foto: Skermgreep
Is dit die einde tussen Jack en Hanli? Foto: Skermgreep

Hy het erken hy het nie presies gekry waarvoor hy ingeskryf het nie, maar dat hy vrede daarmee het. Ook Hani het genoem dat sy ander tipe verwagtinge gehad het van Jack in teenstelling van wat sy verwagtinge was. Maar kommunikasie was die sleutel tot vorentoe kyk.

Drukkies is die lug

Francois en Sonel se avontuur het hul na ’n viersitplek-vliegtuig geneem. Sy het ’n groot liefde vir die lugvaart en was baie opgewonde om saam met Francois die lug in te styg. Terwyl sy baie geselserig was, was Francois volgens haar stillerig in sy “ek-geniet-die-uitsig-boksie”. Maar tussendeur was daar darem tyd vir ’n paar drukkies . . .

Dit lyk mos goed? Foto: Skermgreep
Dit lyk mos goed? Foto: Skermgreep

Tussendeur het die twee begin planne maak vir Junie, afhangend of Sonel nog in Katar sou wees. Maar Francois het in ieder geval ’n Plan B gereed gehad: ’n Ekstra rugbykaartjie net vir ingeval . . .

Boer Francois maak 'n plan . . . Foto: Skermgreep
Boer Francois maak ’n plan . . . Foto: Skermgreep

Wie gaan ontsnap?

JD en Leonè moes 'ontsnap'. Foto: Skermgreep
JD en Leonè moes ‘ontsnap’. Foto: Skermgreep

JD en Leonè se avontuur was iets heel anders. Dié twee was hartlik welkom geheet in die ekstreme ontsnapkamer (escape room) en sommer gou was hulle geblinddoek en geboei! By tye het hulle goed gevaar met leidrade wat verskaf is, en ander kere het die twyfel oorgeneem of hulle ooit uit die kamer sou kom.

Die boeie word aangesit. Foto: Skermgreep
Die boeie word aangesit. Foto: Skermgreep

Waarvan nie een van die twee kon wegkom nie, was die besluit na ’n diep gesprek dat hulle eers net vriende gaan bly, selfs al het JD bietjie sterker oor haar gevoel. Altwee het egter oor een ding saamgestem: hulle het nie net baie van mekaar geleer nie, maar ook oor hulself. En ook dat hulle nog nie heeltemal gereed is om na die werklikheid terug te keer nie.

’n Bok vir (water)-sports

Pure plesier. Foto: Skermgreep
Pure plesier. Foto: Skermgreep

Dit was Rosanne se verjaardag en na heerlike bederfies én ontbyt in die bed, het sy en Arno reddingsbaadjies aangetrek vir hul ervaring op die water. Tussen al die vashouery deur, het Arno besef hy het dit eintlik geniet om af te val. Weer en weer en weer . . .

Hoe meer Arno afgeval het, hoe lekkerder het dit vir hom geraak. Foto: Skermgreep
Hoe meer Arno afgeval het, hoe lekkerder het dit vir hom geraak. Foto: Skermgreep

Dit was darem nie net watersluk nie. Tussendeur kon die twee selfs handjies vashou en ’n soentjie of so deel. Wat Arno wel probeer terughou het, was om die “”L”-woord te uiter. 

Romantiese gebare ht nie agterweë gebly nie. Foto: Skermgreep
Romantiese gebare ht nie agterweë gebly nie. Foto: Skermgreep

Maar toe dit eindelik gebeur, was dit baie spesiaal vir Rosanne – meer nog omdat sy dit ook vir hom kon sê. Sy het immers gevoel hy is haar mens. “Ek wil hom altyd daar by my hê.”

'As jy weet, dan weet jy . . . ' Foto: Skermgreep
‘As jy weet, dan weet jy . . . ‘ Foto: Skermgreep

Dis duidelik, soos Rosanne dit uitgedruk het: “As jy weet, dan weet jy . . .”

Reandi sê

Reandi. Foto: Skermgreep
Reandi. Foto: Skermgreep

“Almal mag dalk nie liefde gevind het nie, maar kosbare vriendskappe is gevorm en die kameraderie van ’n gedeelde ondervinding is iets wat min mense ervaar. Boer soek ’n vrou laat niemand onaangeraak nie, selfs die hardste van harte.”

  • Die volgende aanbieder van Boer soek ’n Vrou word na afloop van die finale episode van dié seisoen op Donderdag 22 Oktober op Bravo! om 21:00 aangekondig. 

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos