Beurtkrag verby, maar kragprobleme bly

Die Waltloo-substasie voor die brand op 29 September.
Die Waltloo-substasie voor die brand op 29 September.

Die Hessequa-munisipaliteit het onlangs die Riversdal-sonkragaanleg amptelik geopen, wat wys hoe plaaslike regerings na eie energie-opwekking en batteryberging kan kyk.

Volgens Clinton Lerm, die burgemeesterskomitee lid vir infrastruktuurdienste van die Overstrand-munisipalitei, sê die projek het hom verder oortuig dat Overstrand ook ’n eie sonkragprojek moet ondersoek om sy afhanklikheid van Eskom te verminder.

Volgens Lerm, het die Overstrand reeds begin om alternatiewe vir Eskom- opgewekte elektrisiteit te ondersoek. Hy sê dit is ’n langtermyn projek. “Om heeltemal op een verskaff er staat te maak, het ons inwoners kwesbaar gelaat,” sê Lerm.

Die Riversdal-projek wys dus op ’n moontlike ander alternatief vir munisipaliteite, maar vir Overstrand lê die proses nog voor. ’n Eie energieprojek sal onder meer haalbaarheidstudies, omgewings- en regulatoriese goedkeuring, finansiering, openbare deelname en behoorlike verkrygingsprosesse vereis.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos