Die aanval op Donovan Marx het wyd reaksie ontlok, met bekende Suid-Afrikaners, sportsterre en politieke figure wat hul stemme by die groeiende openbare verontwaardiging gevoeg het.
Die UFC-kampioen Dricus du Plessis het verskeie plasings oor die aanval op sy Instagram-stories gedeel. Du Plessis het voorheen gesê hy wil sy internasionale platform gebruik om wêreldwyd aandag op plaasmoorde te vestig.
Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, Anneline Kriel, het haar hartseer oor die aanval op Facebook uitgespreek en gesê geen mens behoort sulke lyding te ervaar nie en gevra hoeveel meer swaarkry boeregemeenskappe nog moet verduur.
Roland Schoeman, die voormalige Olimpiese swemmer, het ook op X gereageer en gesê Andile Mngxitama, ’n LP van die MK-party se uitsprake verdien internasionale ondersoek en ’n formele reaksie.
Die Amerikaanse miljardêr Elon Musk het ook op X op die aanval gereageer: “So many times this has happened”.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
