‘Begin dink aan ’n nuwe tipe politiek’
Die DA het sy visier op die meer as 100 plaaslike munisipaliteite waar die ANC se kwynende steun nuwe geleenthede bied om deur koalisies politieke beheer te verkry.
Die Papier verneem vertroulik dat die DA ’n koalisieooreenkoms, wat verder as die groot metro’s strek, na die onderhandelingstafel wil bring.
Die Papier verneem ook die stryd om die burgemeestersposte van Johannesburg en Tshwane kan ook deel word van die groter koalisiegesprek waarin die DA en hetsy die ANC of ActionSA of al drie saam en die VF Plus moeilike politieke toegewings sal moet maak. Een van die moontlikhede wat geopper is, is ’n ooreenkoms waarvolgens een party die burgemeester van Johannesburg lewer en die ander party dié van Tshwane.
Dr. Piet Croucamp, politieke ontleder, meen egter die voortsetting van die ANC en ActionSA se samewerking in Tshwane sal ’n natuurliker uitkoms wees.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
