Met slegs enkele dae oor om aan die jaarlikse Die Kinderfonds-kompetisie deel te neem, is nog tyd beskikbaar om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak én die kans te hê om R200 000 of ’n nuwe Toyota Vitz te wen.
Die geldinsamelingsprojek, in samewerking met RSG en Die Papier, sluit op 7 November. Deelname is eenvoudig: ’n Skenking van R50 gee jou een inskrywing vir die trekking. Net R50 is genoeg om een kind vir ’n dag van voedsel by een van die fonds se projekte te voorsien.
Gebruik jou selfoonnommer as betalingsverwysing om te verseker dat jou inskrywing geregistreer kan word.
’n Skenking van R250 bied ses inskrywings vir die kompetisie en kan help om ’n kind se kleuterskoolbywoning vir ’n week moontlik te maak. Die trekking vind op 19 November plaas.

Mense wat altesaam R1 800 of meer bygedra het, kwalifiseer boonop vir ’n afsonderlike trekking met ’n prys van R20 000.
Die Kinderfonds bedank graag RSG 100-104 FM, Die Papier en Toyota Suid-Afrika, wat die projek moontlik maak.
Skenkings kan in Die Kinderfonds se Absa-rekening, nommer 2840157329, inbetaal word.
Skenkers moet hul selfoonnommer as verwysing gebruik. Kaartbetalings kan ook aanlyn gedoen word deur die beskikbare QR-kode te skandeer.
Skenkers sal binne vyf werkdae ’n SMS ontvang om hul inskrywings te bevestig.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 7 November.
Meer inligting is beskikbaar by diekinderfonds.co.za.
Navrae kan aan Adrie van Staden, die uitvoerende hoof van Die Kinderfonds, by 061 479 4791 gerig word.

