Die gemeenskap van Moorreesburg skop vas teen planne vir die bou van ’n reuse-sonplaas en ’n dorstige datasentrum in dié Wes-Kaapse dorpie.
Terwyl droogte dreig, slurp datasentrums derduisende liter water op – hoofsaaklik vir verkoeling. Green Opportunity skryf op sy webwerf ’n groot datasentrum kan daagliks 15 000 liter water verbruik. Dit is gelyk aan die daaglikse waterverbruik van 40 000 mense.
Dit verbruik ook groot hoeveelhede krag – om ’n datasentrum aan die gang te hou, kan daagliks sowat 40 MW gebruik. Dit is soortgelyk aan die krag van sowat 100 000 gemiddelde huishoudings per dag.
Weens die invloed op die omgewing het sowat 100 huisgesinne nou ’n versoekskrif onderteken om die Swartland-munisipaliteit te oorreed om ’n aansoek af te keur vir die hersonering van altesame 10 ha kleinhoewes na ’n nywerheidsgebied. Dit word geoormerk vir die oprigting van die sonplaas en datasentrum.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
