VRK: Bulls oorheers statistieke

Bulls-agterspeler Canan Moodie druk in die hoek. Foto: Facebook/BullsOfficial.
Bulls-agterspeler Canan Moodie druk in die hoek. Foto: Facebook/BullsOfficial.

Die Bulls en die Stormers is voor op ’n spesifieke statistiek wat later in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) moontlik die verskil tussen ’n weg- of tuiswedstryd in die uitspeelrondes kan bepaal.

Die Pretorianers is loshande voor met 72 punte. Dit is 45 punte meer as die Stormers in die tweede plek (27 punte). Die Sharks het ses punte, maar die Lions sal ná die eerste drie rondes reeds ’n negatiewe punteverskil van 25 vinnig moet uitwis.

Nog ’n statistiek wat hulle volgens Johan Ackermann, die afrigter van die Bulls, vroeg reeds laat oorheers, is hul 19 drieë.

Ackermann het aan Die Papier gesê dit bly van kritieke belang om geleenthede in punte om te skep. “Ons speel – soos die meeste ander spanne – meer aanvallende rugby. Ons was verlede seisoen ook die span met die meeste drieë totdat ons in die eindstryd teen Leinster verloor het. Die uitdaging bly om die balans in jou spelpatroon reg te kry en om geleenthede wat jy skep, in punte om te skep.”


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos