Braeden Buys (27) en Chelsea Thomas (26), twee van die hoofkarakters van die vreesaanjaende reeks Spinners op Mzansi Magic, het grootgeword met spinning in hul tuisdorp, Kraaifontein, in die noordelike voorstede van Kaapstad.
Spinning is wanneer jy teen ’n hoë spoed met ’n voertuig met tollende agterwiele in sirkels ry en allerhande toertjies doen.
Nooit sou hulle kon dink dat hulle eendag deel sou wees van ’n suksesvolle, internasionale projek waarby spinning betrokke is nie, vertel hulle aan Die Papier.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
