Strafregtelike klagtes dreig vir munisipaliteite

Jack Bloom.
Jack Bloom. Foto: Fani Mahuntsi, Gallo Images.

Sowat 19 munisipaliteite in drie provinsies word deur strafregtelike klagte in die gesig gestaar nadat hulle versuim het om betyds planne in te dien om die kommerwekkende toestand van hul afvalwaterbehandeling­stelsels reg te ruk.

Dr. Jack Bloom, ’n DA-LP en die adjunkminister van water en sanitasie, wat op 1 Julie in sy pos aangestel is, sê aan Die Papier sowat 19 munisipaliteite het nog nie dié regrukplanne ingedien nie. Die sperdatum daarvoor het al meer as drie maande gelede verstryk. “Ek kan bevestig dat die departement van water en sanitasie (DWS) met die proses begin het om direktiewe aan die munisipaliteite uit te reik,” sê Bloom.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos