Cornell-universiteit: ‘Ek is Jane Doe’

Honderde Cornell-studente betoog teen die universiteit se bestuur, wat nie in 2024 ná ’n beweerde verkragting opgetree het nie. Foto: Spencer Platt, Getty Images.
Honderde Cornell-studente betoog teen die universiteit se bestuur, wat nie in 2024 ná ’n beweerde verkragting opgetree het nie. Foto: Spencer Platt, Getty Images.

Duisende Amerikaanse vroue het hulle na sosiale media gewend om die beweerde slagoffer van ’n groepsverkragting by ’n voorste Amerikaanse universiteit te steun nadat ’n politieke kommentator gedreig het om haar identiteit te onthul.

Boodskappe van steun met die hutsmerk #IAmJaneDoe – ’n skuilnaam wat algemeen in die Amerikaanse regstelsel gebruik word om iemand se identiteit te beskerm – het op TikTok, X en Instagram toegeneem sedert Michael Tracey, ’n kommentator, mense gevra het om hom te help om die voormalige Cornell-­universiteitstudent te vind ten einde “haar geloofwaardigheid te evalueer”.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos