Die Papier gesels met Tobie Cronjé: ‘Dit het maar net so gebeur’

Tobie Cronjé. Foto: Argief.
Tobie Cronjé. Foto: Argief.

‘Net een groot kamer’

Op 78 besef hy dis dalk tyd om af te skaal. Om sy huis vir ’n aftreeoord te verruil, is iets waaraan hy al hoe meer dink.

Dis nie iets wat hom bangmaak nie.

“Ek wil net een groot kamer hê – met plek vir ’n klavier,” vertel hy.

As hy kon, sou hy in ’n klein huisie op die Japanse platteland gaan aftree het.

Hy vertel dat hy van kleintyd af al ’n ding het oor Japan.

As klein seuntjie – uitgedos in sy ma se japon en skuifel-­skuifel met sulke klein treetjies – het hy hom verbeel hy is ’n geisha.

“En ek is mal oor Kabuki-­teater en Noh-teater, wat ek altyd net op flieks gesien het.”

En wat van sy klavier, as hy in ’n houthuisie in Japan gaan bly?

“Ek sal vir hom ’n kas bou,” sê hy met sy kenmerkende laggie.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos