Van bokwagter in Namakwaland tot Oscar-hoop in Hollywood!

Hettie Farmer. Foto: Skermgreep
Hettie Farmer. Foto: Skermgreep

Die verhaal van ’n bejaarde Namakwaland-vrou, Ouma Hettie, wat na haar bokke omsien terwyl sy wag op geregtigheid, restitusie en erkenning vir opofferings wat geslagte gelede gemaak is, is as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 99ste Oscar-toekennings gekies.

Variations on a Theme, wat in Kharkams in die Noord-Kaap verfilm is en plaaslike inwoners in die rolverdeling het, wag nou op die beoordelingsproses van die Academy of Motion Picture Arts and Sciences om te bepaal of die rolprent die kortlys gaan haal vir die gesogte Oscar.

Die Nasionale Film- en Videostigting (NFVF), ’n agentskap van die departement van sport, kuns en kultuur, het aangekondig dat Variations on a Theme as Suid-Afrika se amptelike inskrywing in die kategorie vir beste internasionale speelfilm gekies is.

Die rolprent is mede-geskryf en mede-geregisseer deur Jason Jacobs en Devon Delmar en is volledig in Afrikaans verfilm. Jacobs se eie ouma, Hettie Farmer, speel daarin saam met inwoners van Kharkams, ’n dorpie tussen Garies en Kamieskroon in die Noord-Kaap.

Jason Jacobs, Annemarie du Plessis en Devon Delmar. Foto: Kraalstories
Jason Jacobs, Annemarie du Plessis en Devon Delmar. Foto: Kraalstories

Die diep persoonlike projek is die filmmakers se tweede speelfilm ná hul debuut, Carissa, wat in die Orizzonti-kompetisie van die Venesiese Internasionale Filmfees in 2024 vertoon is.

Lees die volledige artikel op Nova News


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos